Uittreksels uit die nuutse uitgawe

Excerpts from the latest edition

main

Don’t trust what the experts say. They are only human and base their opinions on what they know. When something happens that is outside their frame of reference they are quick to backtrack and make excuses. Ebola is a case in point. Time and time again medical experts have said that “although Ebola is a virulent and deadly disease with a mortality rate of up to 90%, it is easily contained”. Now they are eating their words... read more in the second issue


uitstappieHoeveel mense smag nie na ’n unieke wilderniservaring nie? Waar vind ’n mens nog ongerepte natuur binne die raamwerk van ’n beroep, ’n beperkte aantal verlofdae en beperkte fondse? Dit lyk asof TV-reekse oor die “laaste” wildernisgebiede al hoe gewilder raak, met lugfotografie van kilo­meter op kilometer se onherbergsame wildernis. Dis vir my gerusstellend om te weet hierdie plekke bestaan nog... read more in the second issue


KruieMaar eers ’n taalles om die terminologie beter te verstaan: phyto in Engels of fito in Afrikaans kom van die Griekse woord vir plant, naamlik phuton. Wanneer die Afrikaanse woord “fitoterapie” dus letterlik vertaal word, beteken dit die gebruik van plante om mense te behandel. Daar is byna meer spesies in die planteryk as wat daar mense op aarde is – en baie van die plante wat bestaan, is nog nie eers geïdentifiseer, gedokumenteer of geanaliseer nie... read more in the second issue


KnysnabosEk skuur die bodem van die geel emaljeketel oor die gras en skuif dit onder die kraan in. Die water voel soos ys op my vingers. Terwyl die ketel vol word, klop ek teen die kant van die 5 500 liter plastiekwatertenk om die watervlak te bepaal. Daar is seker ’n kwart tenk water oor. Die reën is skaars deesdae. Vir eers kan ons nog water van Knysna af aanry, maar ons sal meer tenke moet aanskaf voor ons permanent hier kan intrek. Ek dra die vol ketel op na die huis en met ’n flits van die aansteker begin die blou vlammetjies op die gasbrander dans.... read more in the second issue


moneyYou work hard for the money you earn and struggle just to survive. There are always so many bills to pay – house rent or bond, car instalments, kids’ school fees, medical bills, groceries – the list appears almost endless. There is usually little left to save, but when can, you trustingly deposit it in a bank savings account. And of course, you pay to deposit YOUR money in an institution that uses YOUR money to enrich itself. Seems crazy, doesn’t it? And pointless. The interest they offer nowadays is way below inflation and so your money lies in their vaults devaluing day by day... read more in the second issue


motorsDink net daaraan… jy ry bykans geruis­loos op die pad. Dit voel asof jy vlieg terwyl jy jou motorfiets behendig deur die kronkels van die bergpad stuur. Geen enjin wat brul en geen bekommernis oor die hoeveelheid petrol wat jy uitry nie. Jy ry gratis… jy ry op die son se krag. Of jy en jou gesin is in ’n luukse motor. Dié motor beweeg ook bykans geruisloos oor die teerpad. Jou brandstof is gratis. Geen gevaarlike gasse word die atmosfeer in gepomp nie. Die elektriese enjin onder die kap is eenvoudig en die kans dat iets verkeerd kan loop, is gering.... read more in the second issue


sonenergieDie son met ’n oppervlaktemperatuur van 5 505 °C (veroorsaak deur die energie van interne fusiereaksies as twee waterstofatoomkerne verbind om een heliumatoom te vorm) straal hoë-energiepartikels uit na die aarde. Die aarde se magneetveld, wat deur sy roterende nikkel-yster-allooikern (5 430 °C) opgewek word, beskerm ons teen hierdie bestraling. Energiepartikels met laer energie, onder andere sonlig, kom wel deur die magneetveld en is die bron van al die energie wat op die aarde beskikbaar is. Ja, kernreaksies op die son, dus kern­krag, verskaf ons energie op aarde (Green Peace, maak maar vrede met die idee van kernkrag... read more in the second issue